17 dae gelede
Jonges vas vir 2 moorde
PARATE COPSFOTO TER ILLUSTRASIE  ~ 

TWEE verdagtes is gevang kort nadat hulle glo twee mans in Ath­lone vermoor het.

Lede van die blitspatrollie het Donderdag 22:00 gereageer nadat hulle gun-skote in Prim­rosestraat, Silvertown, gehoor het. Hulle het ’n Toyota Avanza gewaar met twee ouens wat skote daaruit gevuur het.

Die cops het die verdagtes agternagesit en hulle gearresteer nadat hulle in Klipfonteinweg in ’n boom vasgery het.

Hulle het vasgestel die voertuig is vroeër in Parktown gekaap en twee mans is nie ver van die arrestasie-toneel nie doodgeskiet.

Die omstandighede word nog ondersoek.

Die verdagtes van 18 en 26 jaar oud sal môre in die landdroshof in Athlone verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters