2 maande gelede
Hotelman se vonnis wag ná kroekspul
vasgetrek: Die Valke se ondersoekwerk het tot Ian Pakoe se demise gelei. FOTO verskaf  ~ 

IAN John Pakoe (36), ’n voormalige assistent-instandhoudingsbestuurder by die posh Table Bay-hotel, het hierdie week in die Bellville-handelshof verskyn op verskeie klagte van bedrog.

Pakoe word ook aangekla van geldwassery en die oortreding van die Inkomstewet ten bedrae van R960 000.

Hy het na bewering met sy girlfriend, Veroza Ismael, saamgesweer. Ismael het by ’n maatskappy gewerk wat instandhoudingsdienste vir die hotel doen.

Beboet

Die twee het glo maatskappye gestig en maintenance-kontrakte na dié maatskappye divert – sonder die medewete van die hotelbestuur.

Hulle het undue benefits ontvang van betalings in hulle bankrekeninge.

Pakoe en Ismael is in 2013 gearresteer nadat die kwessie na die Valke verwys is vir ondersoek.

Ismael het ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan waarvolgens sy met R20 000 beboet is met ’n alternatiewelike tronkstraf van vyf jaar.

Sy het, voordat sy gesterf het, as staatsgetuie teen Pakoe getuig.

Pakoe is intussen skuldig bevind en die saak teen hom is tot 22 Oktober vir vonnisoplegging uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters