14 dae gelede
Help polisie om lyk te ID
KEN JY HOM? Dié man is teen Tafelberg gevind. Foto: SAPD  ~ 

DIE cops vra hulp met die identifisering van ’n oorledene.

Die onbekende man se ontbinde lyk is op 17 Maart 2018 teen die hang van Tafelberg gevind. ’n Dossier is by die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie geopen. Die lyk is na die Soutrivier-lykhuis geneem.

Die man was geklee in kort blou jeans, swart belt en swart gholf-hemp, asook oranje-en-groen tekkies. Geen identifikasie was moontlik. Sy skedel is gebruik om ’n 3D rekonstruksie met ’n rekenaar te doen. Hy was tussen 17 en 20 jaar oud.

Enigeen met info om die vermeende slagoffer te identifiseer, word versoek om die betrokke ondersoekbeampte, speursers. Jean Pierre Toua, te bel by 061 441 0530 of kontak Crime Stop by 08600 10111.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters