Verlede maand
Gewetensaak vir álle vroue
Trauma: Lisa Koopman sukkel steeds om die trauma van haar vorige werkplek te verwerk.  ~ Eldridge Jason

‘EK IS lus om jou tights van jou af te skeur en jou van agter af te doen.”

Dít, sê Lisa Koopman (22), van Bellville, is net één van die hordes onsmaaklike aanmerkings wat sy van kollegas moes verduur.

Koopman sê die byna twee jaar dat sy by die aanlyn dobbelmaatskappy DigiOutbound gewerk het, het haar amper geknak.

Soveel so dat sy dit op ’n dag nie meer kon verduur nie en letterlik van die werk moes vlug, sê sy.

Nou is hierdie jong vrou vasbeslote en vuur en vlam om seksuele teistering in die werkplek met wortel en tak uit te roei.

Baie glo dat Oktober die mooiste maand, is maar Koopman sê Oktober 2017, toe sy by DigiOutbound begin werk het, is ’n tydperk wat lank by haar gaan spook.

Sy was excited, sê sy. Heel opgewonde oor ’n werkgeleentheid waarin sy kon groei.

Maar toe groei alles wat lelik is op haar ...

“Die maatskappy moedig banter aan. Dis ’n manier waarop werkers aggressief met mekaar is om mededinging te kweek. Maar daar is niks positiefs hieromtrent nie, want jy word gedurig afgekraak.

“Ek moes hoor ek is ’n p**s, dat my stiefpa my dooie pa vermoor het om my ma te n**i en dat hulle (haar kollegas) hulle p**l in my mond wil druk.

“Ek is gedurig oor my voorkoms gespot en al het ek R2 000, R3 000 ’n maand op my voorkoms spandeer sodat hulle nie fout kon vind nie, is ek steeds geviktimiseer.

Koopman sê toe sy haar company se HR-afdeling oor haar kollegas se gedrag nader, is sy uitgekryt as ’n moeilikheidmaker.

“Daar is gesê ek is ’n k*kmaker en dat ek nie ’n team player is nie.

“Elke dag op pad werk toe het ek gebid dat daai dag beter as die volgende dag sou wees. Maar dit was nie.

“Ek was konstant elke dag in meetings met HR. My kollegas het gejoke en my ‘Lisa Two Hour Meetings’ genoem.

“Niks het verander nie en toe staan ek in Januarie 2019 op ’n dag net op en loop uit.”

Koopman sê haar werkplek het haar so getraumatiseer dat sy nie haarself so ver kon kry om ’n ander werk te soek nie.

“Ek was bang. Wat as my nuwe werk net so ’n nagmerrie sou wees? Wat as my nuwe kollegas my ook so afbreek?”

Sy sê eers toe sy besluit om terug te veg en ’n lawyer aangestel het, het DigiOutbound haar ernstig opgeneem.

“Hulle het die mans afgedank wat daai lelike aanmerkings teenoor my gemaak het en wou my met R200 000 sweet talk om nie die saak verder te vat nie.

“Ek het geweier. Dis nie ’n ligte­like saak nie. Hoeveel ander girls is daar nie in ander werkplekke wat elke dag van hulle lewe dieselfde torture moet deurmaak nie?

“Vandag is dit my mission om die stilte rondom hierdie tipe kultuur in die werkplek te verbreek.

“Ek kom te staan teen ’n maatskappy wat geld het vir die duurste lawyers, maar dit gaan nie my spirit breek nie.

“My en soveel ander meisies daar buite se storie moet vertel word.”

Koopman sê sy hoop om eersdaags ’n hofdatum te kry vir haar stryd met DigiOutbound.

Ondersteuning

DigiOutsource, die moedermaatskappy van DigiOutbound, sê deur middel van ’n verklaring deur ’n woordvoerder die senior bestuur het eers weke ná Koopman se bedanking op 18 Januarie 2019 bewus geword van haar ordeal.

Die verklaring lees: “Verskeie oop en direkte samesprekings het met mej. Koopman plaasgevind om meer uit te vind oor die bewerings en om haar emosionele ondersteuning aan te bied.

“ ’n Omvattende ondersoek is gedoen en ’n overhaul van die hele besigheid se struktuur is gedoen wat die afdanking en vervanging van 17 werkers ingesluit het, insluitende die hele bestuurspan verantwoordelik vir die Groenpunt-kantoor.”

DigiOutsource sê in lyn met dit wat Koopman moes deurmaak, het die maatskappy haar die ekwivalent van 12 maande se salaris aangebied.

Hy het ook aangebied om haar regskoste, mediese uitgawes en sielkundige ondersteuningsdienste te dek.

“Koopman het hierdie aanbod egter ondanks die advies van haar eie prokureurs van die hand gewys en ons respekteer haar besluit.

“Mej. Koopman het die reg om gegrief te wees. As haar werkgewer was dit ons plig om na haar en ander vroulike werknemers om te sien.

“Ons gee dit toe en het proaktiewe stappe gedoen om dinge reg te stel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters