11 dae gelede
Geld vir boedel
bekommerd: Carol Isaacs voor haar huis in Northpine. Foto’s: Jonathan Lestrade  ~ 

’N ADVOKAAT het duisende rande van ’n sukkelende weduwee gebruik om sy “expenses te cover”.

Hierdie weduwee van Northpine, Carol Isaacs (64), het nie net haar man aan die dood afgestaan nie, sy is nou R30 000 armer.

Die bitter teleurgestelde Isaacs het die geld in 2017 aan adv. Patrick Linnert betaal om haar boedel uit te sort.

Haar boedel is egter tot vandag toe nog nie afgehandel nie en die regsman is maar bra stil.

Isaacs soek haar geld terug sodat iemand anders die werk kan klaarmaak.

Haar man, John, is in Januarie 2016 oorlede.

“Ons was binne gemeenskap van goedere getroud, so ons het net een boedeldokument gehad.

“Ek het ’n jaar ná sy dood besluit om die boedel op my naam te laat sit,” sê sy.

“Iemand het my na Linnert verwys. Ek het met hom kontak gemaak en hom aangestel om die boedel te hanteer.

“Nadat hy die boedel net in een koerant geadverteer het, het ek niks weer van hom gehoor nie,” sê sy.

Isaacs vertel sy het eindelose slapelose nagte gehad, want sy het hom met haar aftreegeld betaal.

Verlede jaar het sy hom uiteindelik gekry – nadat sy tot by hom gegaan het.

“Ek het my file gekry en hy het gesê hy gaan my oor ’n paar dae terugbetaal. Dit het nooit gebeur nie. Ek het ook ’n e-pos aan hom gestuur, met geen terugvoer nie.”

Isaacs sê sy wil haar geld terughê sodat sy iemand anders kan kry om die boedel op te wrap.

“Ek is bekommerd dat die boedel nooit gaan klaarkom nie. As ek afsterwe, dan moet my kinders weer sukkel. Dit is nie reg nie.”

Linnert het aan Son op Sondag bevestig hy het met Isaacs se boedel gewerk nadat hy die geld ontvang het. “My besigheid het tussen 2017 en 2018 begin swak doen.

“Ek het die geld vir my expenses gebruik,” bevestig Linnert. 

bewyse: Carol Isaacs het oor die R30 000 betaal om haar man se boedel af te handel en ná jare het daar nog niks van gekom nie..

Belowe

Hy sê dit het gemaak dat hy nie genoeg geld gehad het om die boedel af te handel nie.

Hy bevestig ook dat Isaacs met hom kontak gemaak het oor sy nie meer sy dienste wil gebruik nie.

“Ek het vir haar copies van haar lêer gegee. Ek het vir haar destyds gesê ek sal die geld betaal, maar ek was baie lanklaas met haar in kontak. Ek moet nog die boedel afhandel,” sê hy.

Linnert het belowe hy sal Isaacs kontak en sy posisie verduidelik.

Isaacs het gesê Linnert het haar wel die afgelope week ná sy gesprek met Son op Sondag gebel en ’n email gestuur. Hy het belowe hy sal haar die einde van die maand die helfte van die geld en volgende maand die res betaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters