8 dae gelede
Enkelma’s kuier saam
Dromer: Paulicia Cyster en haar dogter, Shekinah, het enkelma’s en hulle kids ’n bietjie lekker bederf.  ~ Eldridge Jason

SINGLE mammies kannit doen!

Son op Sondag het onlangs berig oor die droom van Paulicia Cyster, ’n jong enkelouer van Heideveld wat haar dogter, Shekinah, se birthday wou gebruik om enkelma’s ook te celebrate.

En ’n sukses was dit inderdaad, sê Paulicia. Ondanks beloftes wat sommige gemaak en nie nagekom het nie, was daar wel dié wat hulle hand uitgesteek en die dag onvergeetlik gemaak het vir die kinders en hulle mammies.

Nie eens load shedding kon die spesiale dag vir die kleinspan bederf nie, sê Paulicia.

Fotograaf

“Ek en ’n vriend, Neil Ryneveldt, het op die dag van my verjaardag boeke vir die mammies in Wynberg gaan koop wat hulle kon inspireer en motiveer.

“ ’n Leser van Elsies wat die eerste berig gelees het, het uit haar eie sak vir ’n jumping castle betaal en Bradwin Baatjies het ál die pad uit Atlantis gekom en sy dienste as fotograaf aangebied.”

Paulicia sê die vreugde op die kindergesiggies is iets wat haar vir lank gaan bybly.

“Daar was groot excitement in ons buurt toe die Barney mascot in ons straat afstap om met die kindertjies te mingle.

“Dit het amper my hart gebreek toe ’n kind my vra of sy maar haar party packet vir Maandag kan hou, want dis nie lekker om by ’n skool te kom en almal het chips, maar nie jy self nie.

“Vir baie was die worsrolletjies wat hulle gekry het, ook die eerste en enigste maaltyd van die dag. Dit het my net weer laat besef hoe swaar ons kinders kry.”

Paulicia sê sy wil dié inisiatief graag uitbrei. “As dit God se wil is, wil ek so iets elke tweede of derde maand hou.

“Daar het selfs ’n raadslid uit die Weskus my gebel wat betrokke wil raak. Ek glo dié inisiatief kan single mammies bemagtig en laat besef hulle identities het nie verdwyn toe hulle die dag kinders gekry het nie.”

Baatjies, wat sy fotografiese vaardighede aangebied het, sê sy hart is geroer toe hy sien hoe baie die event vir die kinders en hulle mammies beteken.

Waardeer

“Dit was baie emosioneel vir my om die ma’s en hulle kinders so happy te sien. Ek glo dié was ’n baie suksesvolle event,” sê hy.

Rozita Willoughby, ’n enkelma, sê haar kids kan nie ophou praat oor die event nie.

“Dit was baie, baie nice.

“Selfs die community het kos en party packets gekry. Ek waardeer dit baie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters