Verlede maand
Drug-verbod ‘skadelik’
JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA â?? FEBRUARY 25: A gene
Daar is 'n verbod geplaas op die verkoop van sigarette.  ~ Foto ter Illustrasie: Gallo Images

PRES. Cyril Ramaphosa se speech dié week het dit duidelik gemaak die status quo sal tot 16 April gehandhaaf word as dit by die verkoop van booze en entjies kom.

Maar die South African Drug Policy Initiative (Sadpi) het gevra die verbod op verkope tydens die lockdown moet herroep word, want dis skadelik vir substance abusers.

Sadpi verstaan die basiese beginsels rondom die regering se besluit in die fight teen die corona-virus, want stem ooreen met global best practice.

Sadpi meen die bedoeling is goed, maar nie die uitwerking daarvan nie. Veral nie in terme van alkohol nie, want drankverslaafdes kan nie net eenvoudig stop nie.

Volgens Sadpi loop dié mense die gevaar om ’n reeks simptome te ontwikkel wat psigose en stuiptrekkings kan insluit. Hulle kan selfs sterf.

Cope

Substance abuse tref ook mense wat onderliggende sielkundige probleme of ’n mental illness het, en wat hulp kan kry met spesialiste, medisyne, psigiatriese behandeling en ander ondersteuningsdienste.

Maar, sê Sadpi, siende dat sulke dienste vir pasiënte onvoldoende is in “normale” tye, sal substance abusers wat nou sonder drugs sit, nie kan cope nie. Hullle sal hulle tot misdaad wend en op die black market hulle fix kry, meen die organisasie.

Dis volgens Sapdi die tweede rede dat die ban nie ’n goeie move is nie.

Mense gaan die wet oortree en die gevaar loop om gearresteer te word.

Want, sê Sadpi, ’n groot deel van die gemeenskappe kon nie hulle drug of choice in grootmaat koop nie.

Hulle omstandighede tydens die lockdown bied geen uitkoms of verligting sonder daai drugs nie.

Sadpi vra vir die herroeping van die ban, want dit diskrimineer teen die armes.

  • Sadpi is ’n organisasie wat in 2018 gestig is en hom beywer vir die wettiging en regulering van alle drugs. Hy meen humane, rasionele wette oor dwelms sal die skade daarvan beperk en die uitbreiding van georganiseerde misdaad en gangsterism bekamp.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters