Verlede maand
Drie vas oor vrag perlie
Jô! Die cops het 37 sakke perlie gekry. Foto: SAPD  ~ 

DIE polisie was op Vrouedag besig met ’n misdaadvoor­komingsaksie wat hulle na die voorstad Bothasig in Kaapstad en ’n perlemoenvonds gelei het.

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ’n padblokkade in De Grendelweg opgestel wat vrugte afgewerp het toe twee voertuie deursoek is.

Die drie manlike insittendes (in hul 50’s) van die afleweringsvoertuie is in hegtenis geneem omdat hulle in besit was van 37 sakke vol perlemoen.

Die hoeveelheid en waarde daarvan moet nog deur die departement van landbou, bosbou en visserye vasgestel word.

Traut sê die verdagtes sal in die Goodwood-landdroshof verskyn.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters