Verlede jaar
Donkie se boet ‘in visier’
Colin BooysenFoto: PETER ABRAHAMS  ~ 

COLIN Booysen, broer van die vermeende Sexy Boys-dikding Jerome “Donkie” Booysen, kan in die Pollsmoor-gevangenis ’n target word ná sy arres dié week op ’n klag van moord.

So het Colin se lawyer, Bruce­ Hendricks, Vrydag in die Bellville-landdroshof gesê.

Booysen, Calvin Abels en Vuyisane Macingwane is aangekeer in verband met die moord op ’n lyfwag tydens ’n skietery laas week in Belhar.

Landdros Hishaam Mohamed het beveel die ondersoekbeampte moet Hendricks na die Bellville-polisiestasie vergesel om Colin se aanhouding daar te finaliseer. Hy sal op 17 Oktober aansoek doen vir borgtog. News24

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters