3 maande gelede
Dansers ploeg terug
trip oorsee: Die danspaar Philider en Neil Oortman is ook ’n egpaar. FOTO’SVERSKAF  ~ 

HULLE is gekies om Suid-Afrika op die Internasionale Opvoedkundige Kunstekonferensie in die Karibiese eiland Puerto Rico te verteenwoordig.

Die dansers Neil Oortman en Philider, sy vrou, is van Belhar.

Hulle harte bons van opgewondenheid, want dit is ’n groot stap vir hulle missie om terug te ploeg in die arm gemeenskappe in Kaapstad en die omliggende dorpe.

Neil en Philider het hulle eie dansakademie, Journey Through Dancing, in 2010 in Belhar begin.

Dit was nadat hulle ’n korrespondensiekursus by die Amerikaanse Eagles Inter­national Training Institute suksesvol voltooi het.

Hulle genres is liturgiese, spiri­tuele dans en so ’n bietjie hip-hop en dramatiese dans.

“Ons beweeg na areas waar daar ’n need is en stig dansklubs in kerke en gemeenskappe,” vertel Neil.

“Ons het al klubs in Atlantis, Worcester en vele gemeenskappe hier in die Kaap begin.

“Ons doel is jeugontwikkeling. Ons wil mense motiveer en empower met die nodige skills, asook community upliftment.

“Die conference in Puerto Rico is van 10 tot 16 Julie. Ons gaan daar ook die geleentheid kry om te praat oor die behoeftes en challenges waarmee ons te kampe het in ons arm gemeenskappe.

“Die conference gaan oor al die genres in arts en culture soos dans, drama, poetry, sang en so meer.

“Ek en my vrou is besig om fondse in te samel vir ons vlug, akkommodasie en die ander uitgawes.

“En ons gaan ­ dan terugkom om terug te ploeg in die gemeenskappe hier.”

  • Enige een wat graag ’n bydrae wil maak om hulle te help, kan Neil bel by 084 863 9580.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters