7 dae gelede
DA moan oor plakkate
BESIG: Die DA se Alan Winde en Phumzile van Damme. Foto: Jan Gerber/News24  ~ 

DIE DA wil hê die EFF, Good, ACDP en Kaapse Party se verkiesingsplakkate moet verwyder word oor dit “nie voldoen aan die Kieswet nie”.

In ’n brief aan die Kaapse Party sê die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) daar was ’n klagte oor dié partye.

Die brief lui: “Die DA beweer die lamppaalplakkate wat julle in die Wes-Kaap aangebring het, voldoen nie aan art. 107 van die wet nie; julle plakkate vertoon nie die naam en adres van die drukker en uitgewers van die plakkate soos vereis word in terme van die wet nie.

“Ons versoek julle hiermee om die plakkate met onmiddellike effek van die lamppale te verwyder.”

Brett Herron van Good sê die DA-klagte is “frivolous”. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters