3 maande gelede
Cops gryp twee rowers
VERDAG: Klapmusse is in ’n bakkie gevind.Foto: BOBSBMW.COM  ~ 

WAKKER cops van Durbanville het Vrydagoggend in Lichtenburgweg gepatrolleer toe hulle ’n verdagte wit Ford-bakkie opmerk. Die bestuurder wou nie stop toe hulle hom wys om stil te hou nie.

’n Wilde jaagtog het gevolg en die bakkie is naby die R44 gedwing om te stop.

Twee verdagtes het te voet gevlug. Nog twee verdagtes (24 en 32) is gearresteer.

Dit blyk dat die bakkie by drie onlangse misdaadtonele naby die Paarl opgemerk is.

Die twee is in aanhouding vir diefstal, inbraak en huisroof op ’n plaas. Die cops het pangas en klapmusse in die bakkie gevind. Die twee sal môre hof loop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters