29 dae gelede
Cleaner vat my ring, beweer ma
verontreg: Ná bietjie meer as ’n jaar van getroude lewe, sê Lutfiya Wakefield McGregor, het ’n cleaner haar nou ringloos gelaat. Foto’s: eldridge jason  ~ 

AL HAAR aandag was veronderstel om op haar siek baba toegespits te wees.

Maar toe sien ’n cleaner na bewering ’n gap en gaps haar trouring.

Lutfiya Wakefield McGregor van Belhar sê wat haar ordeal nóg meer traumaties maak, is dat die bestuur van die Melomed-hospitaal in Bellville­ hulle geheel en al afsmeer aan die voorval.

“My kind is Saterdag in die betrokke Melomed opgeneem.

“Dinsdag was ek besig om hom skoon te maak nadat ek hom bietjie vuilgemaak het, toe die betrokke cleaner die kamer binnekom. Gewoonlik haal ek my trouring af as ek my kind skoonmaak, want die ring maak hom seer.

“Ek suspect die cleaner moes die ring op die bed sien lê het, want sy het ewe skielik aangebied om my te help die bed skoonmaak.”

Wakefield McGregor sê sy wou hierna stort en het die skoonmaker gevra of sy een van die verpleeg­personeel kon gaan roep.

“Die cleaner sê toe almal is besig, maar dat ek maar kan gaan stort, sy gaan na die kind kyk.

“Toe ek terugkom van my shower­, het ek dadelik opgemerk my trouring lê nie meer op die bed nie en het haar (die cleaner) hieroor uitgevra.

“Sy sê toe dis miskien in die beddegoed wat sy toegedraai het, maar sy kan dié beddegoed nie losknoop nie weens die higiëniese reëls waaraan hulle moes voldoen.

“Dít ten spyte daarvan dat ons bolling beddegoed bo-op haar load gelê het.

“Sy het beloof om in die was­kamer vir my ring te kyk, maar het nooit teruggekom nie. Toe ek haar later confront, vertel sy my dat sy niks tussen die beddegoed gekry het nie.”

Wakefield McGregor sê dis toe dat sy die hospitaalbestuur nader.

“Maar dié was traag en van min hulp. Hulle het gesê hulle sal die cleaner search as sy uitklok.

“My man het uitkloktyd agter die cleaner geloop en toe gesien dat niemand haar op die grondvloer by die securities uitskud nie.”

Haar man, Ameer, beaam dit.

“Sy is daar deur sonder dat die securities ’n vinger verroer het. Ek het dit met my eie oë gesien.

“Ek mean maar, jô. Jy gaan na ’n hospitaal sodat jou siek kind mediese sorg kan kry, en dan word jy só gerob?”

verdwyn: Wakefield McGregor sê haar ring het hier voete gekry. Foto: google maps
SKOONVELD: Daar kan nie rekenskap gegee word oor wat van dié ring geword het nie.
verontreg: Ná bietjie meer as ’n jaar van getroude lewe, sê Lutfiya Wakefield McGregor, het ’n cleaner haar nou ringloos gelaat. Foto’s: eldridge jason

Die paartjie sê hulle gaan nie die saak daar los nie. Volgens hulle is die trouring wat voete gekweek het R18 000 werd en dring hulle daarop aan om daarvoor vergoed te word.

Die paartjie, wat maar ’n bietjie langer as ’n jaar getroud is, voel die honeymoon-fase wat hul huwelik nog veronderstel is om in te wees, is deur Melomed gespoil.

Die polisie het intussen bevestig hulle ondersoek ’n klag van diefstal.

’n Polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, sê nes die (uiters waardevolle) trouring, is daar nog geen teken van ’n verdagte nie.

Van Wyk sê ’n saak van algemene roof is geopen en word tans ondersoek.

Die bestuurder van Melomed Bellville, James van Vught, sê die betrokke cleaner wis nie van ’n ring wat in die beddegoed was nie.

“Dis nou ’n geval van twee ver­sions en die polisie ondersoek moet nou sy gang gaan,” sê hy.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters