9 dae gelede
Bus brand uit, 2 lig beseer
’n WRAK: Die uitgebrande bus staan in Somerset-Wes. Foto: News24/Heinz Jacobs  ~ 

’N GOLDEN Arrow-bus het Vrydagoggend in Somerset-Wes vlam gevat en van die passasiers is beseer, sê die owerhede.

Die bus was vanaf Harare in Khayelitsha op pad toe die brand omstreeks 07:00 in Main Road uitbreek, sê kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder.

Hy sê 2 van die passasiers is beseer en 66 ander busryers was ongedeerd. Die bus het heeltemal uitgebrand.

“Noodpersoneel op die toneel het die beseerde vroue gehelp; albei was net lig beseer.

“Daar word vermoed ’n meganiese fout het die brand veroorsaak.”

Bronwen Dyke-Beyer, Golden Arrow-woordvoerder, sê egter hulle weet nog nie wat die oorsaak was nie en sal ondersoek instel. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters