11 dae gelede
Bloue in boeie oor boetes
KampsbaaiFoto: WIKIMEDIA  ~ 

VRYDAG het lede van die Wes-Kaapse eenheid teen korrupsie ’n sersant (41) gearresteer toe hy hom vir diens by die Kampsbaai-polisiestasie aanmeld.

Hy is aangehou op aanklag van korrupsie en moes dieselfde dag in die Kaapstad-landdroshof verskyn, sê kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder.

Die nagskoflede van Kampsbaai se sigbare polisiëringsgroep het ’n voertuig-check­point in Victoriaweg opgestel.

Een van die cops het motoriste glo aangesê om ’n bribe te betaal om vet boetes vry te spring vir klein oortredings soos bestuur met ’n ongelisensieerde voertuig.

Die saak is ondersoek nadat die slagoffers inligting oor die voorvalle in die sosiale media geplaas het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters