26 dae gelede
Biker in hospitaal ná crash
gesmash: Die bike het dié kar getref. Foto: ER24  ~ 

’N MAN is Vrydagoggend in Pentz­rylaan, in Table View, Kaapstad, lelik beseer toe hy met sy motorfiets agter in ’n kar vasgery het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê toe die nooddienste by die ongelukstoneel opdaag, het hulle die bike en kar in die pad aangetref. Die biker het in die pad gelê en lede van die publiek het hom probeer help.

Die medics het vasgestel hy het talle beserings en sy toestand was ernstig. Hy is behandel en na die Panorama Mediclinic vervoer.

Die motoris was ongedeerd.

Die plaaslike owerhede was op die toneel om die ongeluk verder te ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters