2 maande gelede
Bergfietsryer is vermis
Morné SnymanFOTO VERSKAF  ~ 

DIE Brackenfell-polisie vra hulp met die opsporing van Morné Nicholas Snyman (35).

Sy ma het hom laas op 28 Februarie by haar huis in Vredekloof gesien.

Snyman is 1,86 m lank en weeg 84 kg. Hy het ’n blou T-shirt, bruin kortbroek en blou tekkies aangehad.

Hy’t blou oë, bruin hare en is effens bles. Hy het ’n snor en stoppelbaard.

Snyman het met ’n blou en wit bergfiets gery.

As jy iets weet, bel speurkonst. Melissa Clifford gerus by 072 701 2310 of kontak AO Raymond Saville by 084 468 9894.

Jy kan ook die Brackenfell-polisie by 021 980 5700 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters