9 dae gelede
Beleef skole rêrig 'n krisis?
Jasmina de Cock  ~ 

SKOLE is in ’n krisis, meen baie Kapenaars.

Son op Sondag het daarom ’n paar inwoners hul opinie daaroor gevra.

Iets waaroor byna almal dit eens is, is dat lyfstraf weer toegedien moet word.

Claire Fortuin (62) van Manen­berg sê: “My kleinkind gaan by ons skool in Rio Grande Laer.

“Dis in ’n gewelddadige gebied, maar die hoof handhaaf streng dissipline.”

Aisha Solomons (28) van Kuilsrivier sê sy is ’n entoe­siastiese voorstander van lyfstraf in skole.

Solomons sê: “My neef se kind is in die laerskool.

“Ons was by die skool en het gesien hoe oorvol die klasse is – sommer 50 leerders per klas; party meer.”

“Die leerders word beïnvloed deur dwelms en gangsterism en wil grootmens­dinge doen.”

’n Ouma van Factreton sê: “Skoolhoofde wil net niks doen of niks weet nie. Alles word net onder die mat in gevee.”

’n Ouer wat anoniem wil bly, sê egter weer: “My kleindogter se hemp is stukkend geskeur, en die hoof was kwater as ons.”

Miche Shanelle (27) van Parklands sê: “Ek weet van geen ouer wat gekant is teen lyfstraf nie.

“Almal wil hê hul kind moet gediscipline word.

“Onnies moet kinders net nie aanrand nie.”

Eddie Davids (34) van Mitchells­ Plain voel daar is niks verkeerd by skole nie.

Hy sê hy werk hard vir sy boy op high school, en dié gedra hom daar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters