2 maande gelede
Antie Pat geen ‘material girl’
GOEIE BESLUIT: Antie Pat het haar kruise op stemdag toe-oë getrek. Foto: Earl September  ~ 

DIE Kaapse vuurvreter-politikus Patricia de Lille is op pad terug na die parlement.

“Ek was 15 jaar daar en my sewe jaar as burgemeester is ook voor­delig. So, ek gaan terug,” sê De Lille. “Ek gaan om apartheid se ruimtelike beplanning reg te stel.”

Op die vraag of sy in Cyril Rama­phosa se kabinet sal dien as hy haar vra, sê De Lille sy het nie eens daaraan gedink nie.

“Ek is hoopvol hy sal die regte mense in die regte posisies aanstel. My fokus is op stedelike beplanning. Met ons campaigning het ek weer gesien hoe 1994 vir baie op die platteland nog nie gekom het nie.

Beloftes

“Die ander belangrike ding is gelykheid vir die vrou. Ons moet die toksiese manlikheid in die leierskap van politieke partye aanvat.

“Dis nie net goed genoeg om te sê ons soek meer vroueverteenwoordiging, maar dan kort daar vroue in die leierskorps nie.”

Oor die verkiesingsukses sê sy dis omdat die gevoel reg gelees is. “Die mood was reg en dis op die grond bevestig. Baie mense is moeg van die beloftes wat gemaak is.

“Die ander sukses is dat daar baie goeie jong mense is wat hard agter die skerms werk en die jeug is die toekoms van vandag.”

Die “antie van die nasie” sê sy is dankbaar vir elke stem wat aan haar en vir die Good-party gegee is.

“Daar is hard gewerk en een stem is ’n wen, want dit is iemand se vertroue in jou.

“Ons het maar vier maande aan hierdie verkiesing gewerk, nou gaan ons begin werk aan 2021 se plaaslike verkiesing.”

Laas week is daar na De Lille verwys as die Madonna van die SA politiek wat elke keer ’n comeback maak.

“Ja, baie mense het gesê ek moet aftree en gaan rus. Ek kan nie, want ek het ’n bydrae om te maak, nes alle Suid-Afrikaners om ons land en demokrasie te red. Ek moet byvoeg ek is nie ’n fan van Madonna nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters