Verlede maand
ANC se dinge in Wes-Kaap is nie kosher
steeds die ou: Lionel Adendorf sê Dennis Cruywagen het g’n reg om hom te skors nie. Foto: NETWERK24  ~ 

DAAR blyk groot marakkas binne die Wes-Kaapse ANC te wees.

Die provinsiale ANC het onlangs sy tesourier, Maurencia Gillion, geskors omdat sy glo nie ’n R1 miljoen-skenking aan die party – van die omstrede sake-ghoeroe Iqbal Survé – teruggegee het nie.

Survé, ook ’n mediamagnaat, het dié skenking aan die party voor die algemene verkiesings gemaak.

Vrydag het die ANC se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) se woordvoerder, Lionel Adendorf, gerugte ontken dat Gillion se skorsing opgehef is.

Adendorf se woorde was egter skaars koud, toe stuur nóg ’n ANC-woordvoerder, Dennis Cruywagen, ’n persverklaring uit waarin hy laat hoor Adendorf is van sy pligte as PUK-woordvoerder onthef.

Verwyder

Volgens Cruywagen se verklaring sal die provinsiale sekretaris van die ANC, Faiez Jacobs, voortaan die spreekbuis van die Wes-Kaapse ANC wees.

Ook het Cruywagen gesê dat Mahendra Shunmoogam verwyder gaan word as die administrateur van die party se Twitter-rekening.

Adendorf was verbaas toe Son op Sondag hom oor hierdie nuwe verwikkeling kontak.

“Ek dra nie kennis van hierdie besluit nie,” het hy gesê.

“Wie is Dennis Cruywagen om iemand te skors?

“Ons het dan nog Vrydagaand ’n PUK-vergadering gehad en hierdie kwessie was nie eens bespreek of op die agenda nie.

“Volgens die PUK se grondwet het hy die magte om Gillion te skors en hierdie besluit staan.

“Sy (Gillion) is aangeraai om haar na die party se nasionale appèlkomitee te wend indien sy appèl wil aanteken, want slegs dié komitee kan die PUK se besluit ter syde stel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters