26 dae gelede
Advokaat se seun verdagte in moordsaak
(Facebook)
Lynette Volschenk (Facebook)  ~ 

’N 24-JARIGE jongman sal Maandag in die hof verskyn vir die moord op Lynette Volschenk, wie se liggaam deur haar moordenaar in stukkies opgekap is.

Rapport berig kollegas van die 32-jarige Volschenk het haar vermeende moordenaar in haar woonstel gekry.

Daar word berig hy was besig om die bloedbesmeerde mure te verf en hy is kort na die polisie ontbied is op die toneel gearresteer.

Die Sondag koerant identifiseer die verdagte Kyle Ruiters, seun van adv. Theresa Ruiters.

Ruiters het gesê weens die polisieondersoek gaan die familie geen kommentaar lewer nie.Volschenk het op die tiende verdieping van die Seesig-woonstelle in Loevenstein gebly.

Dit is ook waar Ruiters saam met sy ma woon.Volschenk, ‘n tegniese tekenaar, is laas Woensdag lewend gesien. 

Volgens haar bure het hulle Woensdagaand iemand hoor gil en toe kapgeluide gehoor.

Niemand het egter verder ondersoek ingestel nie.Toe Volschenk Donderdag nie vir werk opdaag nie het twee kollegas en haar suster na haar gaan soek.

Volgens Rapport het hulle met hul aankoms by die woonstel onraad vermoed en die deur oop gebreek.

Dis toe hulle op die jong man afkom, wie besig was om ‘n muur te verf.

Kort daarna het hulle op van Volschenk se opgekapte liggaamsdele afgekom.

Rapport haal een van Volschenk se kollegas aan wie sê: “Hy het gesê Lynette het hom gevra om die woonstel skoon te maak.

“Die man was hoog op iets, dalk dwelms.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters