2 maande gelede
Chinese maak ’n copy cat
KLOON: Dis die tweede Garlic. FOTO VERSKAF  ~ 

SEWE maande ná die dood van Garlic, die kat van Huang Yu van China, het dié korthaarkat ’n 10de lewe gekry.

Die nuwe Garlic is gebore op 21 Julie. Hy’s die eerste gekopieerde kat van die firma Sinogene in Beijing, China.

Die troeteldier-kloningsmaatskappy het al meer as 40 honde gekloon – ’n prosedure wat 380 000 yuan (of sowat R790 000) kos. Die prys vir ’n kat is so R520 000.

Mi Jidong, die CEO van Sinogene, het aan AFP gesê ondanks die hoë prys vir die kloning is nie alle kliënte stinkryk nie.

Die 23-jarige Huang was oorstelp van vreugde oor Garlic se tweede reïnkarnasie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters