Verlede jaar
WKOD veroordeel brand
 ~ 

DIE Wes-Kaapse onderwys­departement (WKOD) het ’n voorval van brandstigting by die bouperseel van die nuwe Thembalethu Sekondêre Skool in ­George ten sterkste veroordeel.

Gewelddadige protesop­trede het in die week in die gemeenskap uitgebreek nadat die owerhede onwettige strukture vernietig het.

Vyf skole in die omgewing is gevolglik erg geraak deur hoë afwesigheidsyfers, terwyl die leerders tans hul eksamens moet skryf.

Jessica Shelver, ’n WKOD-woordvoerder, sê die kantore en stoorkamers op die site is heeltemal in die brand verwoes. – EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters