Verlede jaar
Vyf lig beseer in botsing
eina! Die beseerdes kry hulp. Foto: ER24  ~ 

VYF mense is lig beseer in ’n botsing van drie voertuie gister op die N2-hoofweg in die Kaaimansrivierpas tussen George en Wildernis.

Die paramedici het net ná 07:00 by die toneel opgedaag. Hulle het die drie voertuie in die pad aangetref.

Hulle het vier mense met ligte beserings ondersoek. Die mense het aangedui hulle wil nie hospitaal toe gaan nie.

’n Man is ook vir matige beserings behandel en na die Mediclinic in George vervoer.

Die presiese oorsaak van die botsing is in dié stadium nog onbekend. Die polisie, verkeersbeamptes en brandweer was ook op die toneel. – ER24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters