9 maande gelede
Verestad-water ‘nou reg’
SUIWER? Die water is glo drinkbaar.Foto: WIKIPEDIA  ~ 

DIE water in Oudtshoorn is veilig verklaar vir menslike gebruik nadat die Outeniqua-laboratoriumdienste bevestig het daar is g’n E. coli in die monsters wat die munisipaliteit Maandag verskaf het nie.

Inwoners is op 12 Februarie aangeraai om water te kook nadat baie bakterieë in watertoetsmonsters gevind is.

Toe het Allen Paulse, die munisipale bestuurder, gesê hulle het “dringend ingegryp” om die water in die reservoirs te ontsmet. Ekstra chloor is in die Raubenheimerdam en Kerkstraat-reservoir gegooi, lui ’n munisipale verklaring.

Teen Woensdag is die publiek laat weet die water is veilig vir gebruik. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters