Verlede jaar
Tuinroete toe onder rook
INFERNO:Die Outeniquapas is dié week in ligte laaie. Foto: FACEBOOK  ~ 

DIE Tuinroete-distriksmunisipaliteit het gister laat weet ’n vliegtuig en helikopter is na Clarkson in die Oos-Kaap gestuur waar erge brande woed.

’n Brand woed ook by George hoog op Jonkersberg. Sowat 80 mense is uit die gebied ontruim.

By Blanco (George) het twee blusvliegtuie en ’n helikopter die flare-ups aangedurf.

Diepwalle en Buffelsnek by Knysna is ontruim. Grondspanne het flare-ups by Bosdorp, Rheenendal en Kraaibosch try blus, en monitor die N9-pad.

In die De Vlugt-area is Sonskynsvallei ontruim. ’n Terugbrand is beplan al langs die R339 onderhewig aan die weerstoestande.

By Goudveld het die vlamme ook suidwaarts versprei en Protea Valley Bosdorp is ontruim.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters