2 maande gelede
‘Skaap’ sit lank vir moord op oom
gebroke: Ouma Lenie en wyle oupa Pieter Hartnick kort ná die moord op hul seun.FOTO’S verskaf.  ~ 

BRANDON Stalmeester (25), berug as die Skaap van Pacaltsdorp, is vandeesweek in die streekshof in George vir 15 jaar tronk toe gestuur.

Hy is vroeër skuldig bevind aan die moord op sy oom Ernst Hartnick (54), wat hy met ’n ysterpyp doodgeslaan het.

Pleit

Son op Sondag het destyds berig hoe Hartnick se bebloede lyk op 29 Oktober 2016 met ’n oop wond aan sy kop in ’n plas bloed in sy kamer aangetref is.

Sy buurvrou het gehoor hoe Hartnick pleit dat Stalmeester moet ophou om hom te slaan.

Die huis waar die moord plaasgevind het, was dié van Ernst se pa en Stalmeester se oupa, Pieter Hartnick (80).

Pieter is verlede jaar oorlede, want hy kon nie die dood van sy seun verwerk nie.

Dit was vir Pieter en sy vrou, Lenie (75), ’n geweldige slag en die tragiese gebeurtenis het hulle met erg gebroke harte agtergelaat.

“Oorlede Ernst was baie behulpsaam in die huis en het in vrede met sy medemense geleef. Selfs die kinders in die buurt was baie lief vir hom,” vertel antie Lenie aan Son op Sondag.

“Sy dag het gekom en hy moet hom maar gaan aansluit by die groot manne in die tronk.

Erfgeld

“Hy’t die goed oor homself gebring en daar sal die Here besluit hoe lank hy gaan leef in die tronk. Ek bid, want sy kinders is nog so klein,” sê sy antie.

Antie Lenie het destyds gesê die moord het oor erfgeld gegaan.

Hul seun en Stalmeester se pa, Patrick (55), is in ’n motorongeluk dood en daar was geld in sy bankrekening.

“Sy seun het hier ingekom en gevra of sy pa enigiets gelos het. Ek het vir hom gesê sy pa het vir hom ’n geldjie nagelaat, maar dat hy dit later sal kry. Ernst is die een wat die geld in die huis hanteer.”

Ernst Hartnick
SKUldig: Brandon Stalmeester in die hof in George.
gebroke: Ouma Lenie en wyle oupa Pieter Hartnick kort ná die moord op hul seun.FOTO’S verskaf.

Sy sê dit is tóé dat haar kleinseun omgaan na Erns se kamer en hy wou toe weet waar sy erfgeld is.

“Die kind is op tik,” het sy vertel.

Stalmeester het die ysterpyp afgewas en onder ’n bed versteek. ’n Polisiehond het dit uitgesnuffel.

’n Hartseer ouma Lenie kon nie glo haar tweede seun is ook dood nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters