7 dae gelede
Rondvaartboot in nood
HEL OOR: Die plesierboot begin sink. Foto: NSRI  ~ 

DIE mense van Knysna het Vrydagoggend ontdek die gewilde Featherbed-plesierboot is besig om te sink.

Jerome Simonis, stasie­bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Knysna, sê sy span is 06:30 ontbied. Daar was niemand aan boord nie.

Die NSRI en nooddienste het die boot se eienaars gehelp om die water uit te pomp.

Die skepratboot is egter onstabiel en die boot se toekoms is onseker. ’n Bergingsmaatskappy was op die toneel om te bepaal watter opsies beskikbaar is.

Die boot neem toeriste gewoonlik vir ’n rustige rondvaart op die lagoon. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters