Verlede jaar
Regters sny pedo se straf
WILLIAM BEALEFoto: GEORGE HERALD  ~ 

’N REKENAARINGENIEUR van Plettenbergbaai het suksesvol geapelleer teen sy tronkvonnis van 15 jaar vir 18 644 klagte van die besit van kinderpornografie. Die Wes-Kaapse hooggeregshof het sy straftyd Vrydag na tien jaar verminder.

William Beale is in November 2017 in die Thembalethu-streekhof gevonnis nadat hy skuldig gepleit het ná sy arres in 2015 in ’n ondersoek na ’n internasionale sindikaat.

Duisende gruwelike foto’s van kinders is in sy besit gevind.

Beale het ná sy arres in 2015 eers 107 893 klagte geface. Die meeste is teruggetrek.

Vrydag was regter Elize Steyn en waarnemende regter Fred Sievers dit eens tien jaar is meer toepaslik as alle faktore in ag geneem word. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters