Verlede maand
Oudtshoorn droog uit
droog: Dis ’n krisis in die Verestad.Foto: WIKIPEDIA  ~ 

DIE Oudtshoorn-munisipaliteit het ’n plaaslike ramptoestand afgekondig weens die dorp se waterkrisis.

Colan Sylvester, burgemeester, het Vrydag verduidelik dit volg nadat die munisipaliteit besef het die water wat by die Raubenheimerdam invloei, is laer as die uitvloei.

Hy sê: “Met die naderende somer kom die munisipaliteit ook agter die waterverbruik sal vermeerder en die invloei na die dam is minder as die water wat uit vloei ...”

Hy sê die damvlak is 30,7%. Die Raubenheimerdam het glo net genoeg water vir die volgende 160 dae voordat die onbruikbare bodemwater bereik word. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters