Verlede jaar
Net één olifant in bos oor
OUPOOT: Die koei is altyd alleen. Foto: SANPARKE  ~ 

WAAR ’n trop olifante van tot 1 000 sterk eens op ’n tyd in die Knysnabos en omstreke te vinde was, is daar nou net een eensame koei oor.

Navorsing deur SanParke se wetenskaplikes het die teenwoordigheid van dié olifant­wyfie bevestig.

Nandi Mgwadlamba, SanParke se woordvoerder, het News24 meegedeel dit het aan die lig gekom dat daar net een olifant oor is.

Haar naam is Oupoot, na aanleiding van die dierekarakter in Dalene Matthee se roman Kringe in ’n Bos.

“Ons het ’n reeks kameras oral in die bos opgestel en ons neem altyd net dié een olifant op haar eentjie af.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters