Verlede jaar
Miljoene aan brandhulp
Jô! Die inferno in Bettysbaai. FOTO VERSKAF  ~ 

DIE Overstrand-munisipaliteit het weens brande in die area die laaste paar maande meer as R9 miljoen goedgekeur in “onvoorsiene en onvermyde­like uitgawes” wat nie by die begroting vir 2018/’19 ingesluit is nie. Dié bedrag kan verhoog word.

Dudley Coetzee, burgemeester, het dié goedkeuring vandeesweek op ’n spesiale raadsitting aangekondig.

Daar was erge brande in Hawston, Fisherhaven­, Her­manus­ en Bettysbaai.

Sheldon April, die ou wat na bewering die brand op Nuwejaarsdag in Bettysbaai gestig het, het Vrydag in die Caledon-landdroshof verskyn om borgtog te vra. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters