Verlede jaar
Kom neem deel
talent: Leerders aan die Hoërskool Kairos tree op in die toneelstuk ‘Geketting’ tydens laas jaar se Goliath Davids/Hessequa-toneelfees. Foto: clive pretorius  ~ 

HEIDELBERG. – Skole en teatergroepe word uitgenooi om deel te neem aan die jaarlikse Goliath Davids/ Hessequa-toneelfees.

Nadat die Goliath Davids Legacy Project die fees verlede jaar suksesvol begin het, het die fees enorme belangstelling gelok vanuit teaterkringe.

Die werk wat die Goliath Davids Legacy Project doen om ’n liefde vir toneel by die jeug te kweek, is van onskatbare waarde.

Dit skep geleenthede vir jong kunstenaars en bied ’n platform vir voldoende blootstelling vir die jeug, wat die toekoms van die bedryf is.

Die toneelfees vind van 2 tot 7 Oktober plaas in Heidelberg en beloof om opwindende produksies te bied.

Skole van heinde en verre het reeds aansoek gedoen.

Die suksesstories van die fees asook die ontwikkeling daarvan is verweef in die liefde vir Afrikaans en drama as kunsvorm. Jeugdiges uit verskillende gemeenskappe word bymekaar gebring om ég Suid-Afrikaanse stories te vertel wat beloof om inspirasie te bied.

Aansoeke sluit op 31 Augustus 2017.

Die teaterlegende Wim Vorster is aan die stuur van sake met die hulp van vele kundiges, onder andere Charlotte Cellie, William Michaels en Lloyd Davids.

Vir inligting, aansoeke en registrasies, kontak Lloyd Davids op 081 044 2300 of e-pos hom by lloyddavids75@gmail.com. Of e-pos Wim ­Vorster by wimvorster1­@gmail.com of goliathdavidslegacy­@gmail.com of ­skakel 023 342 8458.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters