Verlede jaar
Knysna wag vir hulp ná erge brande
in as: Die brand het verwoesting gesaai. Foto: NETWERK24  ~ 

DAAR is tans geen aanduiding of die regering enige bystand gaan verleen aan mense wat ontwortel is tydens die brande in Knysna nie.

Die Knysna-munisipaliteit sê hy gaan die departement van landelike ontwikkeling vra om te help met die 179 inwoners wat weens die brande dakloos gelaat is.

Ag mense, onder wie twee kinders, het in die verwoestende brande omgekom.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) verskaf tans by verskeie plekke in Wildernis en Sedgefield tydelike huisvesting aan geaffekteerde werkers en hulle families.

Intussen word die sowat 120 inwoners van Karatara wat ook hulle huise verloor het, in die Sedgefield-gemeenskapsaal gehuisves.

Dié is egter nie ’n langtermynoplossing nie, want die fasiliteit beskik net oor ’n paar toilette.

Winsbejag

Die inwoners word tans met taxi’s na nabygeleë plekke met stort­geriewe vervoer.

Rebuild Eden, ’n organisasie sonder winsbejag, het ’n beroep op die publiek gedoen vir die skenking van veral kussings, nie-bederfbare kosse en toiletware, wat by die gemeenskapsaal afgelewer kan word.

Volgens die Knysna-munisipaliteit sal SANParke die ontwortelde inwoners na ’n ander plek verskuif waar hulle vir drie tot vier weke gaan bly. – EWN

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters