8 maande gelede
Hofmeyr sit voet dwars
STEVE HOFMEYRFoto: WIKIPEDIA  ~ 

DIE omstrede Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr het gesê hy sál optree nadat die George-munisipaliteit toestemming opgeskort het dat hy volgende week in ’n saal daar kan sing.

Hy’t aan News24 bevestig hy praat met sy prokureurs en die munisipaliteit moet sy stap verduidelik. Hy sê dis niks nuuts dat liberals sy mond wil snoer nie. Hy hou vol sy konserte gaan oor musiek, nie politiek nie.

Die show op 22 Maart is deel van sy nasionale bekendstellingstoer vir sy album Skree.

Hy was reg. Vrydag het Trevor Botha, munisipale bestuurder, laat hoor: “Die munisipaliteit het die besluit heroorweeg om die stadsaal op 22 Maart aan die relevante skool vir fondsinsameling te verhuur. Dit mag voortgaan soos beplan.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters