3 maande gelede
Het cops die ball gedrop?
Onfiks? MornĂ© Mkwayi, ster-rugbyspeler van Barbarians.  ~ Verskaf

MOSSELBAAI. – Morné Mkwayi, ’n ster en fikse rugbyspeler van die plaaslike klub Barbarians, is te unfit om ’n cop te word.

Mkwayi sê sy droom om ’n cop te word, is met ’n laagvat verpletter. Hy voel daar is teen hom gediskrimineer omdat hy bruin is.

Hy vertel: “Ek was die Donderdag in Hartenbos vir die fitness test. Daar het die polisie eers my waist gemeet.

“Op die plek moes ek hoor ek is te dik om die waist.

“Maar ek kan mos nie gediskwalifiseer word omdat ek groot gebou is nie?

“Hulle het nie my waist reg gemeet nie. Dis nie vet nie; dis spiere. Toe sê die polisie ek druip die fitness test.”

Volgens Mkwayi het hy die Vrydagaand ’n SMS gekry wat sê hy moet die Saterdagoggend in George wees vir ’n interview.

“Daar was ’n baie groot groep.

“Een van drie cops van nasionaal het ná ’n ruk vir my gesê hy moet my eintlik toesluit omdat ek nie daar moes gewees het nie.

“Ek het hom toe die SMS gewys wat ek ontvang het.

“Bruin cops het toe vasgestel dat ek op die lys was vir George­.

“Toe weier hulle om my ID te gee, wat ek toe darem later ná ’n gesukkel gekry het.

“Ek is voor ál die ander kandidate verneder. My droom is verpletter. ”

Dawid Kamfer, een van Bar­bar­ians se base, gaan die saak met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie opneem.

Kamfer sê: “Die jong man het hom tot my gewend omdat hy een van ons sterspelers is.”

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê: “Evaluasie is ’n nasionale funksie.

“Die hoofkantoor doen dit op nasionale vlak.

“Ons het die saak na nasionaal verwys.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters