4 maande gelede
Geen bose gees nie, sê die hoof
BETWYFEL DIE STORIE: Leon Solomons, die skoolhoof, sê hy vermoed die selfmoorde is maar net blote toeval.  ~ 

HY VERWERP die storie van ’n bose gees wat sy skoolkinders aanmoedig om selfmoord te pleeg met die minagting wat dit verdien.

Só sê die hoof van Sunridge Primêr, Leon Solomons.

Volgens Solomons skuil daar veel meer as net duiwelspraatjies agter Augustine se stories.

“Augustine het vanuit Belhar hierheen getrek.

“Ons het hom op aanbeveling van die skoolsielkundige by ons skool ingeneem.

“Die mannetjie was al 12 jaar oud en was nog in gr. 2.

“Maar ons het besluit om hom by gr. 4 in te skryf.

“Vanuit die staanspoor het Augustine egter gewelddadige neigings getoon en hy is lief om van gangsters te praat.

“Vriende sou ’n onskuldige grappie met hom maak en dan sou hy sommer opvlieg en dreig om hulle te steek.”

Volgens Solomons was daar in die 25 jaar dat hy by Sunridge Primêr is, nie nog ’n leerder wat dieselfde neigings as Augustine getoon het nie.

“Ek glo die ander selfmoorde is maar blote toeval.

“Daar was wel jare gelede ’n outjie wat by ons skool­gegaan het, wat latere jare tronkstraf gekry het nadat hy deur die hof uitgewys is as die meesterbrein in ’n gangrape-voorval.

Hy het homself later in die tronk opgehang.

“Die nodige toetse moet nou eers gedoen word sodat presies uitgevind kan word wat met Augustine skort, want op die oomblik is hy nie net vir homself ’n gevaar nie, maar ook vir die res van die leerders en die personeel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters