4 maande gelede
Eks-skollie fix nou motors én lewens
nat koerant: Lakass se spykertjappies vertel van sy lewe in die mang. Foto: mpumi kiva  ~ 

GEORGE. – Dis ’n geval van Pappa wag nie vir hulle nie.

Meer nog: Pappa raak nie eens meer moerig vir hulle nie.

Só redeneer ’n eksbandiet en -gangster wie se hele lewens­verhaal vertel word deur ’n lyf wat vol tjappies gespyker is.

Die ou, wat net bekend wil wees as Vincent (65) – of sy ou tronknaam, Lakass – vertel hy het nou ’n heel ander benadering teenoor die druggies wat by hom inbreek en hom wil besteel.

Lakass, ’n eks-27’s gangster, raak nie moerig wanneer jong laaities by sy huis inbreek en byvoorbeeld metaal steel nie.

Hy vertel: “Ek het jong diewe wat by my yard inbreek al op heter daad betrap, maar ek bel nie die cops nie.

“Ek vat eerder die laaities en gee hulle advies.

“Die mang is nie ’n lekker plek vir ’n teenager om sy lewe te begin nie.”

Nadat die man met tatoes van ’n gun en sy nommer uit die tronk vrygelaat is, is hy getroud met sy jeug-sweetheart.

Die egpaar woon in Lawaaikamp, waar diefstal baie al­gemeen is.

Hieroor sê Lakass: “Ek probeer voorkom dat die laaities wat so steel, gearresteer word en tronk toe gaan.”

Hy vertel toe hy ’n klonkie van net 14 jaar was, het hy weens diefstal die eerste keer met die mang kennis gemaak.

Daarna het nog baie ander tye agter tralies gevolg.

Eers vir klein oortredings, maar later het hy gemang vir ernstige aanranding en moord.

Dié oortredings het hom feitlik sy hele lewe lank agter tralies gehou.

Nou, as ’n vry man, het hy in sy yard ’n klein besigheidjie as ’n motor-mechanic.

Hy sê: “Dis niks om op trots te wees om tyd in die tronk te spandeer nie. Nou kan ek mos klein skollies in training op die regte pad help.”

Sy vroulief sê: “Ek het hom ge-date toe ons jonk was. Toe was hy al ’n skollie. Maar ek het geweet daar is goed in hom en jare gewag. Toe hy ná 15 jaar vir die moord uit die tronk stap, het ek ’n goeie man gekry.”

Een van Lakass se bure beaam: “Hy is ’n goeie man en werk hard in sy yard.

“Die jong laaities wat so steel, irriteer my, maar hy het die wêreld se geduld met hulle.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters