Verlede jaar
Brit sterf ná see hom sluk
help: Die Mosselbaai-span in aksie. Foto: NSRI  ~ 

OMSTANDERS se pogings om ’n Britse man te red nadat hy by Solar Beach in Plettenbergbaai die see in getrek is, was Vrydagoggend vergeefs.

Marc Rodgers, stasiebevelvoerder van die Plettenbergbaaise NSRI, sê sy spanne is 09:40 ontplooi.

“Die man (60) van Londen is deur twee omstanders en ’n off-duty strandwag uit die water gered ... nadat die man deur sleurstrome ingetrek is.”

Rodgers voeg by toe hulle aan land kom, was daar toevallig ’n dokter op die strand wat CPR toegepas het totdat die NSRI se medics opgedaag het.

Die man is hospitaal toe geneem terwyl die CPR steeds toegepas is. Die man kon egter nie gered word nie en is dood verklaar. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters