Verlede jaar
Week se pyn en plesier in berigte
kommer: Die Covid-19-gevalle by die Kirkwood Psigiatriese Hospitaal laat die werkers paap. Foto: MKHUSELI SIZANI  ~ 

MET al die betogings wat wêreldwyd aan die gang is oor die moord op die Amerikaner George Floyd, dink baie mense dalk die corona-virus is iets van die verlede. Maar dit is baie, baie beslis nie.

Veral nie hier in die Oos-Kaap nie. Dié provinsie sit tans met die titel van die area met die tweede meeste Covid-19-infeksies in die land. ’n Wending wat die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, diep bekommer.

Teen druktyd was daar meer as 4 500 bevestigde gevalle in die provinsie.

Dit is net die Wes-Kaap, ook in die sosiale media bekend as die Wuhanstern Cape, wat die Oos-Kaap ’n kaart skiet.

Biertrok

Vandeesweek het ons weer so breedvoerig moontlik berig oor die impak van die corona-virus op ons plaaslike gemeenskappe.

. Dinsdag het baie mense se monde oopgehang toe hordes dors­tiges na die drankwinkels gestroom het toe drank weer gekoop kon word danksy die feit dat die land na vlak 3 van die lockdown beweeg het.

Mense het in groot getalle by drankwinkels saamgedrom en by baie van hierdie plekke was daar geen sien van social distancing nie.

Dinsdag het ons ook oor ’n 72-jarige gogo van King William­’s Town berig wat deur ’n biertrok doodgery is.

. Woensdag het ’n berader, Patricia Arnolds, ons vertel van die angs en lyding wat Covid-19-pasiënte deurmaak. Volgens Arnold is dit nie ’n maklike pad wat ’n Covid-19-pasiënt stap nie en hulle is gewoonlik vol angs en onsekerheid.

. Donderdag het ’n Covid-19 survivor, Carryn Pretorius, juis vertel oor haar moeilike paadjie met die virus en hoe ’n stryd dit was.

Volgens haar het haar ma se gebede haar deur die moeilikste battle van haar lewe gedra.

. Daar is ook Donderdag berig oor die vrese van personeel werksaam by die Life Esidimeni Psigiatriese Hospitaal in Kirkwood. Werkers daar vrees vir hul veiligheid nadat verskeie voorvalle van Covid-19 onder pasiënte en personeel uitgebreek het.

. Vrydag het ons gelei met ’n hoofberig oor ’n corona-storie met ’n lywige twist. Candy’s Revue Bar, ’n strip club in die Baai, het begin met ’n “strip-thru” om klante in die lockdown te lok. Eksotiese dansers dans op ’n stage wat twee dae gevat het om aanmekaar te slaan.

Die customer bly sit in die veiligheid van sy voertuig en die danser dans met ’n masker op.

Dié innoverende idee is ’n eerste vir eksotiese dansplekke in die land en die karre stroom reeds daarheen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters