Verlede jaar
Week bring vrees, drama
Coronavirus. COVID-19. 3D Render
Die pandemie plaas groot druk op gesondheidsfasiliteite in die Oos-Kaap.  ~ Getty Images

’N COVID-19- STORM soos min het sy visier­ op die Oos-Kaap gestel.

Daaroor kan min mense twyfel – veral as daar in ag geneem word hoe dinge vinnig aan’t uitrafel is by die provinsie se gesondheidsinstellings.

Dit was ’n week propvol drama. Drama wat na alle verwagtinge maar net die tippie van die Covid-ysberg is.

  • Maandag het ons berig oor die skietvoorvalle in die Northerns wat maar net nie brieke kan kry nie. Nie eens die lockdown demper die gees van skietlustige gangsters nie en die gemeenskap leef steeds in vrees.
  • Dinsdag het ons berig oor ’n tragedie in die Breederiviervallei, waar ’n muur op die vierjarige Michael Maart van Robertson geval het; ’n tragedie wat op enige plek in ons land kon gebeur. Dis enige ouer se grootste nagmerrie en die storie het die harte van ons lesers geroer.
  • Woensdag het ons berig oor die droewige en haglike toestande by Oos-Kaapse hospitale waaraan verpleegsters en pasiënte te midde van die Covid-19-krisis blootgestel word.

Maar asof hierdie nie erg genoeg is nie, is daar ook ontdek dat Covid-19-toetse wat per koerier na ’n laboratorium in die Baai vervoer moes word, sommer langs die N2-snelweg weggesmyt is.

  • Donderdag se hoofberig was oor begrafnisondernemers se vrese dat hulle nie genoeg stoorplek gaan hê met die verwagte skerp toename in sterfgevalle weens Covid-19 nie.

’n Krisis soos min is op hande en daar word nou gevrees dat Oos-Kaapse funeral parlours en begraafplase nie die verwagte massa sterftes sal kan hanteer nie.

  • Vrydag was eenvoudig ook net ’n sad, sad dag met die storie van ’n vermeende tikkop wat na bewering sy eie ma, ouma en gestremde broer verkrag het. Dié 34-jarige verdagte is toe deur lede van die gemeenskap erg gebliksem. Hy moes deur die cops uit die kloue van die woedende mob gered word.

Vir die komende week beloof Son om soos gewoonlik op die voorpunt te wees van nuus wat die Oos-Kaap en ál sy mense op verskillende fronte raak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters