Verlede maand
Vrouedag is vir diewe toe nie vakansiedag
AO Alwin Labans Foto: DEON FERREIRA  ~ 

TWEE winkels in die Baai is Donderdag op Vrouedag beroof.

AO Alwin Labans, ’n polisie­woordvoerder, sê in die een geval het ’n drankwinkel in Gelvandale deurgeloop.

Labans sê drie mans met twee vuurwapens het die drankwinkel beroof.

Die oog van ’n sekuriteitsbeampte is beseer toe hy met ’n vuurwapen oor die kop geslaan is.

Die rowers het die personeel en klante in ’n inloop-vrieskas toegesluit.

Labans sê: “Hulle het kontant en drank gebuit en in ’n wit Isuzu-bakkie in die rigting van Cleary Park gevlug. Geen verdagtes is nog ge­arresteer nie.”

In die ander voorval het twee jong mans ’n Somaliër (51) met ’n speelgoed­geweer gedreig en sy winkel in Cotswold beroof.

Agternagesit

Labans sê die Somaliër was alleen in die winkel. Hulle het kontant uit die till gevat en in die rigting van die N2-snelweg gevlug.

Lede van die Mountweg-polisiegroep se misdaadvoorkomings­eenheid het hulle agternagesit en ’n man (18) gearresteer.

Hy het nog die speelgoedgeweer by hom gehad.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters