6 maande gelede
Vrou in hof ná vervalste goedere land binnekom
shady deals:’n Vrou van Oos-Londen gaan binnekort in die Baaise handelshof verskyn nadat fake sonbrille en horlosies na Suid-Afrika ingevoer is.Foto: son  ~ 

’N VROU loop hof nadat fake goedere van altesaam R48 721 600 na Suid-Afrika ingevoer is.

Die Oos-Londense vrou (45) is ’n direkteur van ’n bedryfsmaatskappy.

Sy word daarvan beskuldig dat sy die Wet op Nagemaakte Goedere sowat 43 000 keer oortree het.

Sy is onlangs gearresteer nadat sy na bewering onder meer fake Omega-, Ferrari-, Tissot-, Dior-, Puma-, Adidas-, Gucci-, Rolex- en Nike­-produkte ingevoer het, maar nie vir privaat of huishoudelike gebruik nie.

Dit sluit horlosies en sonbrille in wat onder die vals handelsname bemark word.

Hierdie aksie skend ook die groothandelaars se intellektuele-eiendomsregte.

Die maatskappy is die eerste beskuldigde, en die vrou die tweede.

Verskyn

Die staat voer aan dié privaat maatskappy was aandadig aan al die oortredings en die vrou het alles namens die besigheid gedoen.

Die vrou het die goedere na be­wering in Junie vanjaar na die Port Elizabeth-omgewing ingevoer.

Daarom word sy nou aangekla ingevolge die Wet op Nagemaakte Goedere (37 van 1997).

Die beskuldigde sou Vrydag in die Baaise handelshof verskyn het.

Haar advokaat, Terry Price, het egter met die staat gereël om ’n lasbrief oor te hou tot 3 Desember vir afskrifte van die dossier en ’n merietekonsultasie.

Moontlike strawwe vir hierdie oortredings sluit ’n boete in vir elke artikel wat ter sprake is. As dit die beskuldigde se eerste oortreding is, kanhy of sy ook minstens drie jaar tronkstraf opgelê word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters