Verlede jaar
Virus tref Baaise noodlyn
 ~  ter illustrasie:defenceweb.co.za

DIE 10111-oproepsentrum in Port Elizabeth en Cluster Operational Command Centre (COCC) is tydelik gesluit nadat ’n cop Covid-19 opgedoen het. Dié noodlyn dek die hele Baaise Metro, insluitend PE, Motherwell en Uitenhage.

Dié diens is na ’n ander ruimte verskuif, maar kon nie volstoom werk nie. Inwoners is aangeraai om hul naaste polisiestasie direk te bel vir noodgevalle, berig News24.

Dis die derde polisiefasiliteit wat dié week moes sluit nadat bloues in die cop shops by Kabegapark en Mountweg positief getoets is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters