Verlede jaar
Virus het oral impak
LEKKER, MAN: Kliënte moes lank toustaan om weer hul favourite winkel te besoek.  ~ Jonathan Lestrade

TEEN 1 Junie het vlak 3 in werking getree en daar is later aangekondig dat restaurante kan oopmaak, maar jy mag nie daar drink nie.

Daar mag nie meer as 50 mense op een slag wees nie. Flieks en casino’s maak ook weer oop en dieselfde reëls geld daar.

Die drank-poorte is ook weer oop en op die eerste dag het mense die drankwinkels bestorm.

Die skoolgaan-kwessie kom krapperig op die voorgrond met gr.7’s en gr. 12’s wat kan skoolgaan, maar hoe gemaak met die infasering van die ander grade?

Ter elfder ure het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, die datum vir 8 Junie bepaal.

Baie ouers, leerders, onnies en unies is ontsteld dat die skole oop is en betoog oor dié besluit.

Tito Mboweni het verlede week ’n droewige prentjie geskets van die land se aangepaste budget wat glad nie rooskleurig lyk vir die land se ekonomie nie.

Die land is vrot van die skuld en die virus wurg ons.

Gesukkel

Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het dié week erken sy provinsie se hospitale is oorweldig deur die groot hoeveelheid pasiënte met die virus.

Mabuyane het die nasionale regering gevra om in te tree met die army se mediese dienste as ekstra hulp.

Die Oos-Kaapse gevalle styg skerp en almal hou asem op juis omdat hierdie provinsie voor die pandemie reeds finansieel gesukkel het.

Ten tyde van hierdie skrywe het die Wes-Kaap steeds die meeste sterftes en positiewe gevalle.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters