2 maande gelede
Verslaafdes sukkel in dié tye
ONTTREKKING: Dwelmverslaafdes en alkoholiste het gesuffer tydens level 5 van die nasionale lockdown.  ~ Foto Verskaf

TALLE dwelmverslaafdes en alkoholiste in die Baai het maar swaargekry tydens vlak 5 van die nasionale lockdown omdat hul counselling sessions kortgeknip moes word.

Zarina Ghulam, direkteur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkoholisme en Afhanklikheid van Verdowingsmiddels (Sanra) in die Baai, sê aan Son op Sondag sowat 30 verslaafdes per maand doen by die sentrum aan vir berading vir dwelmverslawing en alkoholisme.

Sy sê toe die lockdown (vlak 5) begin het, was dit ’n taai stryd vir die addicts omdat beweging buite beperk was en hulle toe op hul eie was.

Ghulam sê omdat hulle as gevolg van die lockdown nie berading kon kry nie, was baie van hulle gefrustreerd en aggressief teenoor hul familie.

Volgens Ghulam het sy tydens vlak 5 van die lockdown-periode talle oproepe gekry van families wat worry oor hul verslaafde geliefdes wat aggressief optree.

Ghulam sê hierdie aggressie word toegeskryf aan onttrekking en omdat hulle daai substance crave.

Sy moedig dan die familie aan om die betrokke persoon besig te hou.

Hulle kan byvoorbeeld ’n inkleurboek vir die persoon gee sodat hy kan inkleur of iets teken om te kalmeer.

Ghulam sê wanneer die familie haar bel, probeer sy die verslaafde oor die foon kalmeer.

Volgens haar het sy agtergekom wanneer die verslaafdes ’n bekende stem oor die foon hoor, luister hulle omdat hulle weet sy gaan waardevolle raad gee.

Sy sê hul jongste pasiënt by die sentrum is sewe jaar oud.

Volgens Ghulam is die addicts wat tydens vlak 5 probleme ervaar het en gesukkel het om te cope­, meestal mans van 25 jaar en ouer.

Ghulam sê tydens level 5 was dit baie moeilik om berading oor die foon te doen, want jy kan nie die persoon sien nie.

Sy sê voorts die spinning-klasse wat die verslaafdes in ’n plaaslike gym doen, is ook baie belangrik vir hul recovery.

Volgens haar ontbreek dit ook tans – weens lockdown-vereistes – in die verslaafde se herstelproses.

Ghulam sê sy sal sommer tele­fonies vir die addicts sê watter soort oefeninge hulle tuis moet doen omdat dit help om ontslae te raak van al die gifstowwe in die liggaam.

Volgens Ghulam was die oproepe wat sy tydens level 5 ontvang het, baie uitputtend, want sy voel haar hande is afgekap.

Aanbreek

Sy sê soms het sy slapelose nagte gehad omdat sy wonder wat anders nog kan werk vir die verslaafdes.

Volgens haar is die kliënte vir wie hulle counselling gee en life skills leer, hoofsaaklik van die noordelike gebiede, Uitenhage, New Brighton en Motherwell.

Sy sê met die aanbreek van level 4 het sy weer baie oproepe gekry omdat mense nou meer kan beweeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters