2 maande gelede
Vergadering gestop: Koalisie klou
STEEK STOKKIE: Buyelwa Mafaya se aankondiging het opposisiepartye se planne deurmekaargegooi.  ~ Netwerk24

RAADSLEDE van die Nelson Mandelabaai Munisipaliteit wat ’n petisie onderteken waarin hulle ’n spesiale raadsvergadering aanvra, is Donderdag onkant gevang toe hierdie vergadering onverwags onwettig verklaar is.

Volgens die speaker, Buyelwa Mafaya, het die petisie aanvanklik 62 handtekeninge bevat, maar daar is nou net 60.

Een van die raadslede wat die petisie onderteken het, het intussen bedank, wat die totaal handteke­ninge op 61 te staan gebring het – net genoeg om te voldoen aan die vereistes van so ’n vergadering.

Maar Mafaya het koue water op die planne vir die vergadering gegooi deur te sê: “Ek is gisteraand ingelig dat raadslid Mkhuseli Mtsila sy handtekening van die petisie verwyder het.

Verdaag

“Dit beteken dat die vergadering nou onwettig is en nie meer kan voortgaan nie.”

Dié aankondiging het die hoop laat kwyn om die huidige regerende koalisie te ontsetel. Die raadsvergadering is onmiddellik ná Mafaya se aankondiging verdaag, waarna ANC-raadslede begin sing en dans het.

Die DA-hoës John Steenhuisen en James Selfe was teenwoordig toe Mafaya haar aankondiging gemaak het. Dié twee het kortliks met hulle 119 raadslede vergader.

Raadslede van die Patriotic Al­liance en UDM het saam met lede van die DA, ACDP en Cope in die raadsaal agtergebly. Die UDM het voorheen geskitter in sy afwesigheid nadat sy burgemeester, Mongameli Bobani, op 5 Desember verlede jaar uit sy pos verwyder is.

Alle politieke partye, behalwe die AIC en EFF, het kragte saamgesnoer om van Bobani ontslae te raak. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters