2 maande gelede
‘Twee sterf ná aanval deur wagte’
Op pad: ’n Inmate word na ’n polisievangwa gestoot nadat hy mediese behandeling ontvang het. ’n Bron sê ’n bewaarder het hom aangerand.  ~ Verskaf

DIT blyk die St. Albans-gevangenis is the place to be ... as jy ’n death wish het.

Twee inmates is na bewering doodgetrap deur tronkbewaarders, nóg 30 is die laaste jaar aan óf natuurlike óf on­natuurlike oorsake dood én, beweer een gevangene, die ouens word gereeld geforce om voor mekaar te strip.

Dít is wat na bewering in die oorbevolkte St. Albans-gevangenis in die Baai aangaan.

Aangeval

In foto’s en ’n video in Son op Sondag se besit lê twee bebloede mans in afsonderlike selle nadat hulle na bewering by tronkbeamptes ’n genadelose pak slae gekry het. Albei is later dood verklaar.

Een van die twee gevangenes het glo die tronkgeveg begin – hy het na bewering die bewaarders met ’n skerp voorwerp aangeval.

Toe draai hy lelik in die rook toe hulle hom overpower.

Son op Sondag se bron sê: “Hy is ’n hele paar ure geassault en toe gooi hulle (die bewaarders) hom in die vên. Hulle het hom van die oggend tot die aand geslaan.

“Hy het dit nie gemaak nie. Hy’s nou dood.”

Die video is van buite die tronk opgeneem. Daarin kan ’n mens sien hoe die duidelik swak inmate in ’n rolstoel sit. ’n Bewaarder stoot hom uit die tronk.

Wanneer dié bewaarder naby ’n oop polisievangwa kom, staan ’n kollega nader om te help.

Die twee tronk officials pluk aan die lomp gevangene se T-hemp, ruk hom uit die rolstoel en gooi hom in die vên.

In die 30 sekondes lange video is dit duidelik die inmate is aangeval.

Sy gesig is geswel, sy hemp bebloed en daar is ’n groot wond aan die agterkant van sy kop.

’n DKD-woordvoerder, Si­ngabakho Nxumalo, het gesê: “In hierdie voorval op 17 Februarie 2020 het ’n oortreder tydens die bediening van ontbyt in die eetsaal drie amptenare met ’n mes gesteek.

“Een amptenaar het ses steekwonde opgedoen en is in die hospitaal opgeneem.”

Trots

Nxumalo het gesê tydens die geskarrel het die gevangene ook beserings opgedoen.

“Hy is saam met die beseerde beamptes na die hospitaal gebring. Die oortreder is later die aand in die hospitaal oorlede.”

Son op Sondag se bron beweer die bewaarders is trots daarop dat die aanvaller dood is.

“Hulle maak ook jokes daaroor. Hulle sê: ‘Ja, ons het onse broer se bloed opgetel ... minus one criminal.’

“Die abuse gaan steeds aan hier binne.

“Ons word uitmekaar uit en stúkkend geslaan deur die bewaarders!

“Hulle laat ons ons kaal uittrek ...

“Dan order hulle jou om op en af (te loop) en squats te doen,” vertel die ou. Dan lag hulle en maak jokes daaroor.”

Die DKD het gesê die aantygings is nie waar nie.

Die departement het wel onthul in die afgelope jaar is 32 St. Albans inmates dood. Dit sluit dié twee mans in.

Onse snitch gaan voort: “Altwee daai manne is dood, en nog baie ander. Die ander man is verlede jaar dood as ’n result van sy injuries. Hulle is vermoor deur die wardens.”

Die insider beweer voorts: “Veral wanneer ons hof toe gaan (word ons aangerand). Dan sê hulle (die bewaarders) ons moet ons hande in die lug hou en ons koppe af hou, want hulle wil nie hê ons moet in hulle gesigte kyk en hulle re­cognise wanneer hulle ons so aanrand nie.”

Toename

Hy voeg by: “Soms kom hulle in (die selle) met balaklawas en maskers en goed op om ons aan te rand.

“Dis net wanneer hulle ons kos gee, dan is die maskers af.”

Volgens Nxumalo is dié aan­tygings is ook onwaar.

“Dit moet egter beklemtoon word dat daar ’n toename is in die getal voorvalle van oortreders wat amptenare aanval,” sê hy.

Ander gevangenes was jittery toe Son op Sondag hulle nader vir kommentaar.

“Die manne is te bang om te praat,” sê die insider.

“Even noudat die twee manne doodgemaak is, loop die bewaarders rond en sê goed soos: ‘Ja, julle sal só vrek.’ ”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters