3 maande gelede
Trok is lelik opgekrok
In sy tjops: Die lorrie lyk sleg.FOTO VERSKAF  ~ 

’N TRANSPORTRYER wat splinternuwe Ford Rangers vervoer het, het Donderdag 09:40 in Humansdorp teen ’n huis vasgery.

Sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, het die ongeluk Vrydag bevestig.

“Daar word beweer die remme van ’n lorrie wat voertuie vervoer, het gefaal. Dit het ’n vaste eiendom getref. Twee voertuie het van die lorrie afgeval en is beskadig.”

Foto’s van die voorval wys die skade. Bakstene en dele van die dak lê rond.

Een van die bakkies lê bo-op die lorrie se cab, waar die drywer sit.

Nkohli sê geen beserings is aangemeld nie. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters