Verlede jaar
Student se lyk kom uit Kuba
Sibusiso QongqoFOTO VERSKAF  ~ 

DIE oorskot van die Suid-Afrikaanse vyfdejaar- mediese student Sibusiso Qongqo, wat al ’n maand in Kuba vassit, sal op 2 Julie huis toe kom wanneer sy medestudente ook terugkom om hul indiensopleiding in Mzansi af te handel.

Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het dié aankondiging Donderdag gedoen.

Qongqo, ’n boorling van Cofimvaba, is dood aan ’n siekte wat met die pankreas verband hou. Weens die lockdown het top-burokrate vir langer as ’n maand gesukkel om sy oorskot gerepatrieer te kry. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters